Mark Zuckerberg, stigter en CEO van Facebook, verdien vir seker hierdie toekenning. Hy en sy sosiale netwerk het ons lewens in net sewe jaar onherroeplik verander.

As 19-jarige student aan die Universiteit van Harvard sou hy nooit kon droom dat sy netwerk in ’n globale fenomeen sou ontwikkel het nie. Oorspronklik is dit begin sodat studente met mekaar, sowel as met studente op ander kampusse, interaktief kon kommunikeer. En van toe af het dit nog nooit ophou groei nie!

Facebook het ’n hele sosiale verandering teweeggebring. Met meer as ’n half miljard gebruikers beteken dit dat ’n tiende van die wêreld se bevolking almal op één netwerk is!

Oor die toekenning voel Mark baie geëerd.

“Dit is lekker om erkenning te kry vir wat ons as ’n klein span doen, en dat miljoene mense wil deel wees van ’n wêreld wat meer gekonnekteer en interaktief is. Ek is bly om deel te wees daarvan!” het hy aan Time magazine gesê.

Volgens Time se span het Mark en Facebook die konsep van wat mense nog altyd geken het as ’n gemeenskap totaal verander. Dit is onmoontlik om ’n deel van mense se daaglikse lewens te vind wat heeltemal Facebook-vry is!

Social Network is ’n fliek oor die ontwikkeling van Facebook. Kyk hier na die voorprent.