Om swanger te wees is vir baie vroue die opwindendste tyd van hul lewe. En die celebrities verkoop dit aan vroue as die must have item van die dag. Vir jare al sien ons hoe iemand soos Elle McPherson ’n baba op die heup met baie meer chutzpah as ’n handsak op die skouer dra...

Om nie van die Jolie-Pitts, Nicole Kidman of Gwyneth Paltrow te praat nie. Babas hê is ’n ontsettende tydlose, in-die-mode-ding om te doen en dit is veral hulle wat dit laat trend.

'n Mooi, stylvolle swanger vrou is iemand soos Kate Middleton.

Kate en prins WilliamKate Middleton

Sy is seker vandag die nr. 1 swanger vrou in die wêreld. Sy inspireer mense al van voor haar troue af met haar unieke, byna amper-vervelige styl. Maar sy kry dit net perfek afgepull. Protokol of nie, sy kry dit reg om haar persoonlike smaak met haar klerestyl uit te druk.

Met haar mees onlangse verskyning as swanger vrou in die publiek by Ouma Liesbet se 60ste viering van what-have-you die ander dag was sy absoluut beeldskoon, stylvol en grasieus in ’n roomkleurige rokkie met ’n bypassende jassie. Die rok het baie mooi, los oor haar lyf gesit, maar styf genoeg om steeds te sien sy is swanger. Die dun beld om haar middel het haar net genoeg van ’n uurglas-silhoeët gegee. Alles het so mooi gewerk met haar look. En die hoedjie wat sy aangehad het, was selfs ’n oue, so sy het sommer gewys sy het respek vir die wêreldresessie ook.

N.S. Dis nou nie noodwendig oud nie, maar dis die tweede keer dat sy hom aan het.

Hygend hert, maar Kim Kardashian. Ek moet bieg, ek was nog nooit ’n fan nie en ek het haar nog nooit as ’n stylikoon gesien nie. Maar die vet weet, dié verskriklike hard probeer om nog sexy te wees, is onnodig. Die foto van haar en Kanye West – waar sy die blomrok aanhet met die blom handskoen is net nie vir my reg nie. Want sy lyk nie haar ouderdom nie, sy lyk nie gemaklik nie en sy voel definitief nie lekker nie. Dis ten minste drie goed wat jy m?ét wees as jy aangetrek is. Kyk na haar rok hier.

Die klere sit te styf – sy lyk ongemaklik en opgestop. Sy is ’n vrou wat byna gaan geboorte skenk en ’n ma gaan wees. Dis nie nou die tyd om jou te gedra soos ’n pin-up nie.

En Jessica Simpson sukkel mos nou al ’n geruime tyd met die gewig. Dan is sy die groot een, en dan nie... En dis nogal vir my mooi. Jessica is nou nie bekend vir haar goeie smaak en styl nie, maar ek moet sê sy is nie vir my so verspot as ’n swanger vrou nie. Want sy sal byvoorbeeld net ’n check hemp by ’n jean aantrek. Sy het so half ’n street smart look.

Kom ons kyk wat gebeur volgende. Ek het so spesmaas die nuutgevonde swanger Kate Winslet gaan dit reg doen én goed lyk. Jennifer Love Hewitt, aan die ander kant, gaan dalk meer soos Kim Kardashian probeer wees...