FOTO: Instagram / @fergie

“Ek het elke dag hallusinasies gekry. Ek was permanent in ’n toestand van psigose weens die chemiese uitwerking van tik. Dit het my ’n jaar geneem om op te hou drogbeelde sien. Ek sou sit en ewe skielik ’n by of haas sien wat nie daar is nie,” het The Black Eyed Peas-sanger aan die Britse nuusnetwerk vertel. 

Eens was sy oortuig dat die CIA en FBI haar dophou. Sy het in ’n kerk gaan wegkruip en geglo ’n SWAT-span met gewere wag buite op haar. Toe sy later op die leë parkeerarea uitstap, het sy besef: “Só kan mens nie lewe nie.”

Ondanks die rowwe tyd beskryf sy steeds die fase in haar lewe as iets waarvoor sy dankbaar is omdat dit haar “bron van krag en hoop op iets beters” is. 

??????

A post shared by Fergie (@fergie) on

Wat is tik?

In die onderhoud het Fergie verwys na "Crystal meth", wat bekend staan as "tik" in Suid-Afrika. Mense wat tik gebruik kan dit met 'n inspuiting toe dien, dit snuif of dit rook. Laasgenoemde is die algemeenste metode in Suid-Afrika.

Wat is van die simptome van tik-gebruik? 

Onverklaarbare gewigsverlies

Aggressie

Vinnige spraak

Angs

Hallusinasies

Kopseer

Buitensporige selfvertroue

As jy of iemand wat jy ken sukkel met verslawing, bel die hulplyn: 083 900 69 62