Hollywood-ster Clint Eastwood se seun Scott het verlede jaar die aandag gesteel toe hy die kollig betree het. Nou begin sy eerste groot film Vrydag in Suid-Afrikaanse rolprentteaters draai. 

The Perfect Wave vertel die ware storie van die Nieu-Seelandse branderplankryer Ian McCormack wie se lewe ná ’n traumatiese ervaring drasties verander.

Nie net het dié fliek ’n Suid-Afrikaanse vervaardiger in Craig Jones nie. Die Suid-Afrikaanse model en branderplankryer Roxy Louw is ook vinnig te sien in dié rolprent met Scott Eastwood in die hoofrol.

Scott Eastwood FOTO: Town & Country Scott Eastwood FOTO: Town & Country

Toe SARIE.com verlede jaar vir Scott aan ons lesers voorgestel het (lees die storie HIER), was julle dit eens - dié seun het die looks. In dié fliek gaan hy bewys of hy sy pa se talent ook geërf het.

Só het ’n jong Clint Eastwood in 1972 gelyk:

Clint Eastwood 1972

Kyk solank hier na die fliek se voorskou: