Die Grammy-bekroonde sangeres Adele het omtrent die internet op hol ná sy haar nuwe, korter kapsel vir die wêreld gewys het, berig E! Online Die 27-jarige het gisteraand tydens die Britse X Factor opgetree, maar dit is haar bob wat almal aan die praat het.

Volgens People het boodskappe oor die sangeres se nuwe voorkoms op sosiale media ingestroom. "Adele se nuwe haarstyl is foutloos," het een geskryf.

Adele se derde album, 25, het onlangs geskiedenis gemaak toe sy die musiekgroep *NSYNCse verkope van No Strings Attached onttroon het as die album wat in ’n enkele week die meeste eksemplare verkoop het.

Bronne: People en E! Online

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!