Die Afrikaanse sanger Joshua na die Reën het in November verlede jaar pa geword en hy spog reeds met sy klein Anán op sosiale media.

Joshua na die Reën, oftewel Jacques de Villiers, en sy vrou, Danél, wat in 2012 getroud  is, is duidelik baie trots op hul nuwe dogtertjie.

Hy verduidelik op Twitter dat haar naam, Anán, "wolk" beteken.

Hier is van hul vakansiefoto's:

:)

A photo posted by Joshua na die Reën (@joshuanadiereen) on

Gereed vir die strand? #VatJouKindSaamHulleHouOokVanDingeSaamJouDoen #7wekeEn6dae A photo posted by Joshua na die Reën (@joshuanadiereen) on

Anán se eerste seesand voete

A photo posted by Joshua na die Reën (@joshuanadiereen) on

Joshua het onlangs sy solo-loopbaan begin nadat hy as Jak de Priester en Bobby van Jaarsveld se agtergrondsanger en klavierspeler gewerk het. Hy het vinnig naam gemaak en het verlede jaar die Ghoema-toekenning vir beste nuweling en kontemporêre album deur ’n mansanger ontvang.

Lees ook