US Weekly berig dat Sarah Michelle Gellar (37) haar lang blonde lokke vir ’n veel korter bob verruil het.  Die aktrise, wat bekendheid verwerf het met haar rol in die TV-reeks Buffy the Vampire Slayer, het ná baie jare haar blonde skouerlengte-hare vir ’n veel korter moderne bob geruil. Dié ma van twee het foto's van haar nuwe haarstyl op haar Twitter-blad gedeel. Sy het bygeskryf dat dit tyd was vir ’n verandering.

Sarah Michelle is getroud met mede-akteur Freddie Prinze Jr. en hulle het twee kinders, ’n 5-jarige dogter, Charlotte, en ’n twee-jarige seun, Rocky.

Sarah en Freddie

Bron: US Weekly