Die gewilde Afrikaanse aktrise Anel Alexander was die afgelope paar weke in Frankryk, maar dit was ongelukkig nie vir vakansie nie. Sy het die Cannes-fimfees bygewoon en haar nuutste fliek, Sink, bemark.

Sink is ’n Afrikaanse drama wat in 2016 in die plaaslike teater sal draai en as alles goed gaan in die buiteland vrygestel word in die kategorie vir films in uitheemse tale.

Die storie gaan oor Rachel, ’n huishulp van Mosambiek wat in Johannesburg werk. Sy kom by ’n kruispad wanneer haar dogter onder die toesig van haar werkgewer, Michelle (Anel), sterf: Gaan sy terug na haar land, of bly sy werk vir die mense wat verantwoordelik is vir die dood van haar kind sodat sy die res van haar familie kan onderhou? Die omstandighede raak nog meer ingewikkeld wanneer sy uitvind dat haar werkgewers hul eerste kind verwag.

Anel vervaardig Sink en speel die hoofrol. Ander bekende name in Sink sluit Jacques Bessenger, Amalia Uys, Diaan Lawrenson, Leandie du Randt en Hanli Rolfes in.

"Ons doel met die maak van Sink is om ’n Afrikaanse film te maak waarby die Europese mark kan aanklank vind. Tot dusver was die terugvoer baie positief en al het ons nog ’n lang pad voor ons, voel dit darem asof ons op die regte pad is," vertel Anel aan SARIE.com.

Anel se hoogtepunte by Cannes: