Die Who's the Boss? en Charmed-ster, Alyssa Milano, het eers verlede maand bekend gemaak dat sy met haar tweede kind swanger is. Maar kyk hoe groot is haar babamagie alreeds!

Dít is Alyssa en haar man, die Hollywood-agent David Bugliari, se tweede kind. Hulle het  hul seuntjie, Milo, in 2011 verwelkom.

Alyssa dra duidelik groot omdat sy by dié foto geskryf het dat kort mense groter dra en ook dat sy nié ’n tweeling verwag nie.

Alyssa het bekendheid verwerf as die oulike Samantha Micelli in Who's the Boss?. Hierna het sy in ander TV-reekse, soos Melrose Place, gespeel en ook haar lyf model gehou. Deesdae is sy te sien in die reeks Mistresses (begin Donderdag, 24 April, wys op MNet Showcase, DStv-kanaal 113).