Sanger Bobby van Jaarsveld het iets gedoen wat op baie avontuurlustiges se bucket list is - hy het saam met ’n haai geswem! Bobby het dié foto van hom waar hy saam met ’n walvishaai swem op sy Twitter-blad gedeel. Hy het dit "die dag van sy lewe" genoem. Bobby het dié geleentheid gehad toe hy in Sodwanabaai aan die kus van KwaZulu-Natal geduik het.

Rolanda Marais Januarie 2014

Aktrise Rolanda Marais, ons voorbladmodel vir ons Januarie-uitgawe, vertel wat nog op háár bucket list is. Kry jou Januarie-uitgawe propvol inspirasie - nou op die rakke!

Wat is op jóú bucket list? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Het jy al iets op jou bucket list afgehandel? Stuur jou storie en foto's aan lucelle.hough@sarie.com.