Die akteur Brad Pitt het met naelkuns geëksperimenteer voordat hy ’n toekenning by die Palm Springs Internasionale Filmfees oorhandig het. Hy is bekend daarvoor dat hy gereeld sy haarstyl verander, maar sover ons weet, is dit die eerste keer dat Brad dié trend probeer. As daar 'n man in Hollywood is wat naelkuns goed kan laat lyk, is dit beslis hy - en dalk ook Johnny Depp. Brad se naelkuns bestaan uit diagonale strepe in donker kleure - op twee van sy vingers. Ons wonder of een van sy kinders nie hieragter sit nie. Pa is mos altyd ’n lekker model om op te oefen!

Kyk HIER na ’n groter foto van Brad se naelkuns

Die Jolie-Pitt-kroos: Zahara, Knox, Maddox, Shiloh, Pax en Vivienne saam met Ma Angelina en Pa Brad Die Jolie-Pitt-kroos: Zahara, Knox, Maddox, Shiloh, Pax en Vivienne saam met ma Angelina en pa Brad

Lees nou