Sarah Ferguson het byna 20 kg in 5 maande verloor - iets wat sy "lewensveranderend" noem. Só het sy dit gedoen ...

Sy het besluit om iets aan haar gewig te doen nadat die skaal gewys het sy weeg net soveel soos toe sy swanger was met haar eerste dogter, prinses Beatrice, wat nou 25 is, het die hertogin aan die tydskrif Hello! vertel, met wie sy haar eerste onderhoud en fotosessie ná haar gewigsverlies gedoen het.

Die 54-jarige Sarah het by ’n oord in Switserland ingeboek wat haar gehelp het om gewig te verloor. "Ek was so kwaad," het sy aan Hello! gesê. "Ek het geglo dat ek nooit die gewig sal verloor nie en dat ek beheer verloor het. Ek kon nie meer in my klere pas nie ..."

Wat is dus haar geheim?

Sy het suiker uitgesny en ’n oefenroetine gevolg.

FOTO:  Hello!  FOTO: Hello!

Lees ook ons inspirerende dieet-blog deur Hélène Horak wat 70 kg verloor het