Bryan Habana het ’n nuwe foto van sy eersteling op Twitter gedeel om te wys hoe vinnig die kleinding groot word. Die Springbok se vrou, Janine, het op Vadersdag geboorte gegee aan klein Timothy Jacob Habana. Net twee weke later lyk dit of dié baba alte soet en oulik is. "Timothy slaap letterlik soos ’n baba," het Bryan op Twitter geskryf. Op die foto wat hy van die kleinding gedeel het, is Timothy se gesiggie bietjie wasig, maar dit lyk nietemin na ’n baie gelukkige baba.

Bryan speel deesdae rugby vir Toulon in Frankryk en het sy slag in die Springboktrui gewys tydens die afgelope toetsreeks teen Wallis. Die vleuel het die naweek van sy seun se geboorte selfs twee drieë gedruk met die Springbokke se kragmeting teen Wallis in Durban.

Nóg Springbok-nuus op SARIE.com