Aktrise Corine du Toit, bekend vir haar rolle in EgoliGetroud met rugby en Semisoet, en haar man Raz Jensen se babaseun is die naweek gebore.

Dié kleinding is gesond en in sy ma se oë is hy perfek!

Corine het vandag op Facebook en Twitter aangekondig dat haar eersteling gebore is. "Ons beeldskone babaseun is gister om 17:27 gebore, ’n gesonde 4, 23 kg en 55 cm lank! Wat ’n seën, hy is net perfek!" het sy geskryf.

Corine du Toit en haar man, Raz Jensen, se eersteling FOTO: Facebook Corine du Toit en haar man, Raz Jensen, se eersteling
FOTO: Facebook

Corine du Toit gesels met SARIE.com oor swangerskap

Corine het spottenderwys op sosiale media gesê dat sy reeds ’n tekort aan slaap het, nadat sy eers gesê het haar pienkvoet is Saterdag gebore. Hy is al Vrydagaand gebore.

"Die tekort aan slaap vang my klaar," het sy skertsend bygevoeg.

Corine het haar hare vroeër die jaar weer kort gesny

WAT DINK JY? WAT IS JOU RAAD VIR NUWE MA CORINE? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.