Ja, selfs by ’n glansgeleentheid soos die Golden Globes kan daar ’n photobomb plaasvind. En dis presies wat aktrise Amy Adams gedoen het. Die komediant Amy Schumer en haar kêrel, Ben Hanisch, was besig om ’n foto te neem saam met Stranger Things-akteurs Millie Bobby Brown, Caleb McLaughlin, Finn Wolfhard en Noah Schnapp toe hulle verras word met nóg ’n Amy! 

A photo posted by @amyschumer on

Amy Adams was benoem vir beste aktrise in ’n drama vir haar rol in die rolprent Arrival. Hoewel sy nie ’n toekenning ontvang het nie, het Amy (links agter) wel dié “photobomb” gewen!

Kyk die lokprent van Arrival hier:

Lees nou

Bekende ‘photobomb’ paartjie op troudag!

Kristen Wiig laat die koppe draai

Golden Globes: Ons skoonheidsgunstelinge