Dunay het haar dankbaarheid op Twitter uitgespreek vir al die ondersteuning wat haar man, Kurt Darren, gekry het ná sy ongeluk. Sy kon hom eers vandag sien aangesien sy op 'n plesierboot was en moes terugvlieg. Sy het dié foto getwiet met al die geskenke en boodskappe vir Kurt se beterskap op die agtergrond.

FOTO: Dunay het getwiet: "By my engel in die hospitaal, hy's in baie pyn, maar jul boodskappe & gebede v orals af dra hom! DANKIE!"

Nuutste nuus ná Kurt Darren se ongeluk + Dunay se reaksie

Dunay het ook haar frustasie en gevoel van hulpeloosheid die afgelope paar dae op Twitter uitgespreek toe sy onder weg na Suid-Afrika was.

PERSVERKLARING: Kurt Darren in 'n ernstige ongeluk Die ongeluk waarby Kurt, Murnus Bisschoff en Nadia van Rensburg betrokke was, het Saterdagaand omstreeks 23:40 in Pretoria plaasgevind. Marnus wat die motor bestuur het, moes vermoedelik uitswaai vir 'n ander motor. Die wit Toyota Fortuner waarin hulle gery het, het van die pad af gery, in 'n sloot beland en teen 'n betonblok gebots. (Kyk hier wat van dié motor oorgebly het.)

Kurt, wat steeds in die hospitaal is, is van die waakeenheid na 'n enkelkamer oorgeplaas. Die breinskandering wat hy gister ondergaan het, het gewys dat hy nie ernstige skade opgedoen het nie.