Sy word nie verniet "Die Lyf" genoem nie! Op 51 spog die sakevrou en model Elle Macpherson steeds met haar kenmerkende bikini-lyf.

Die Australiese skoonheid het Saterdag dié foto met haar duisende aanhangers op Instagram gedeel. "51? Ongelooflik," het een aanhanger geskryf.

FOTO: Instagram  ellemacphersonofficial FOTO: Instagram ellemacphersonofficial

Huffington Post berigdat Elle se vietse lyf nie net aan goeie genetoegeskryf kan word nie, maar dat sy ook ’n gesonde leefstyl handhaaf. Ná haar 50ste verjaardag stel dié ma van twee belang in holistiese benaderings tot veroudering.

FOTO: Instagram  ellemacphersonofficial FOTO: Instagram ellemacphersonofficial

Elle het onlangs in ’n onderhoud gesê: "Gesondheid en welstand is baie waardevol. Ek sien baie mense wat so oud soos ek is met wie dit nie goed gaan nie."

Begeer jy ’n lyf soos hare? Lees meer oor Elle se leefstyl op haar webtuiste, WelleCo.

Bron: Huffington Post

Lees ook