Die Grey's Anatomy-aktrise Ellen Pompeo en haar man het almal verras met hul nuwe pienkvoet! Die paartjie, wat reeds die ouers van die 5-jarige Stella Luna is, het hul tweede baba via ’n surrogaat in die wêreld gebring.

Ellen (44) het haar aanhangers verras toe sy dié foto van Sienna May en haar man, Chris Ivery (46), op sosiale media gedeel het. Sy skryf by dié foto:

"Sienna May Ivery, welkom in dié wêreld. Ons is lief vir jou - meer as wat woorde kan sê."

Ellen en haar eersteling, Stella FOTO: Instagram  @ellenpompeo Ellen en haar eersteling, Stella
FOTO: Instagram @ellenpompeo

Bron: Huffington Post

Lees ook