Die akteur Ben Stiller het die naweek ’n draai in die Kaap gemaak om navorsing vir sy nuwe fliek te doen, berig die Britse koerant Daily Mail.

Fotograwe het Ben afgeneem waar hy Saterdag in die Valsbaai-omgewing se koue water geduik het. Dié area is veral gewils vir haaiduike. Blykbaar het hy hier kom duik om vir ’n nuwe fliekrol voor te berei.

Klik hier om die volgrootte foto van Ben in Valsbaai te sien, Sien die volgrootte foto van Ben in Valsbaai HIER

KLIK HIER om nog van die foto's te sien

Shark Explorers, wat die toer vir Ben moontlik gemaak het, word bemark as ’n organisasie wat ’n spesiale toer vir jou unieke behoeftes uitwerk om haaie in die area te besigtig, te verfilm of saam met hulle te duik.

Leonardo Dicaprio was amper haaikos in SA

In sy fliek The Secret Life of Walter Mitty word dié 48-jarige akteur se karakter op ’n stadium deur ’n haai aangeval! Dit het hom egter nie gekeer om die gevaarlike Kaapse waters in ’n duikpak aan te durf nie. Met die span van Shark Explorers wat saam met Ben was, wonder ons of hy dalk ’n fliek aan die Suid-Afrikaanse kus beplan.

Adam Sandler en Drew Barrymore maak fliek in SA

Ben verfilm tans die fliek Night at the Museum 3 in Londen en het net vinnig in Suid-Afrika kom kuier.

KLIK HIER vir nog foto's van Ben in die Kaap

Bron: Daily Mail