Kleurvolle pajamas is verseker nie nét vir kinders nie! So het bekende sjef Jamie Oliver en sy vrou, Jools, met 'n gesinskiekie gewys.

Hy en Jools dra die grootmens-weergawe van die kinders se prettige aandpakkies. Poppy Honey Rosie (10), Daisy Boo Pamela (9) en Buddy Bear Maurice (2) lyk te oulik in hulle pajamas saam met ma en pa. Petal Blossom Rainbow (3), hul jongste dogter, se pajamas was in die was en sy dra 'n helderpers partytjierok op die foto.

Mothercare se reeks is slegs vir kinders jonger as 5 jaar, maar Kersfees het vroeg gekom vir pa Jamie en ma Jools en 2 van hul oudste kinders.

Jamie het dié foto op Instagram gelaai met dié boodskap: "Haha the whole family in Jools PJ's ...I can't believe Mother Care actually made me a pair of her toddler Jim-Jams !! Very funny if not slightly strange. Although one little purple princes had hers in the wash & wasn't very happy bless her .......big love to all you guys #jamie x x. X x xx x x. Xx x. X xx x x x x."

Jools ontwerp spesifiek vir Mothercare omdat sy self dié handelsnaam gedra het toe sy klein was: "Mothercare was nog altyd deel van my lewe. My ontwerpe vir kombineer prettig en klassiek, en ek verweef my eie herinneringe daarin."