Die voormalige Top Billing-aanbieder Janez Vermeiren en sy Brasiliaanse meisie, Juliana Vasconcelos, se eersteling is hier!

Janez het dié foto van baba Vincent op sy Twitter-blad gedeel. FOTO: Twitter @Janez_Vermeiren  FOTO: Twitter @Janez_Vermeiren

Janez het verlede maand aan SARIE.com vertel dat hulle hul eersteling aan die begin van Augustus verwag, maar omdat Juliana natuurlik geboorte wou gee, was daar nie ’n vaste datum nie.

Hulle het eers besluit om hul seun die Brasiliaanse naam Cuaun te gee, maar het intussen van plan verander omdat hulle bang was mense sou sukkel om dit uit te spreek.

Dit lyk of dié twee baie goed oor die weg kom - Matisse en Juliana  FOTO: Instagram (@janez_vermeiren) Dit lyk of dié twee baie goed oor die weg kom - Matisse en Juliana
FOTO: Instagram (@janez_vermeiren)

Dié baba sal Janez se tweede seun wees. Sy eersteling, Matisse, is al 9 jaar oud.

Lees meer hier oor Janez se lewe ná Top Billing.