Jennifer Aniston het onlangs haar hare in ’n lang bob gesny - die groot haarstyl van die seisoen. Maar deesdae spog sy weer met lang blonde lokke. Sy lyk weer soos die 'ou' Jennifer Aniston met haar lang blonde hare. Haar vriend en haarstilis Chris McMillan het dié foto van Jennifer se langer hare op sy Instagram-blad gedeel. FOTO: Instagram  @mrchrismcmillan FOTO: Instagram @mrchrismcmillan Chris het by dié foto geskryf: #jenniferaniston #braid #fishtail #summer-hair #unplugged @livingproofinc #lovethisgirl

Die 45-jarige aktrise, wat verloof is aan Justin Theroux, se hare is in ’n visgraat-vlegsel saamgevat. Ons wys jou HIER hoe om dié vlegsel stap vir stap te kry.

Jennifer was tot onlangs toe nog brunet vir haar rol in die nuwe fliek Cake.

Jen speel in dié fliek die rol van Claire Simmons, ’n ma in rou wat boonop met chroniese pyn moet saamleef ná ’n noodlottige motorongeluk. Dan vind Claire inspirasie op ’n ongewone plek …

Jen het gewig aangesit – dís waarom

Anna Kendrick (Pitch Perfect, Up in the Air), Chris Messina (The Mindy Project, Argo), William H Macy (Shameless, Jurassic Park III) en Meryl Streep se dogter Mamie Gummer (The Good Wife, Emily Owens M.D.) is ook in dié fliek.

Alhoewel ons van Jen met haar brunet-kapsel gehou het, is dit lekker om weer ’n blonde Jennifer te sien! Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Watter raad sal jy vir Jennifer gee - blond of brunet?

Nóg haarstyle op SARIE.com