Die aktrise Jessica Alba het nie die trend gevolg om haar hare kort te knip nie, maar sy het wel haar bruin hare blond 'gekleur'.

Jessica het ’n foto van haar blonde kapsel op haar Instagram-blad gedeel. Dié verandering in haarkleur is vir ’n rol in haar nuwe fliek, Barely Lethal. Haar hare is helderblond, maar haar donker wortels is steeds sigbaar. Die ligte hare kontrasteer mooi met haar donker oë en donker wenkbroue.

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

Hou jy van Jessica se welige wenkbroue? Lees HIER hoe om dié voorkoms te kry.

Dit is nie duidelik of sy haar hare gekleur het, of dit net ’n pruik was nie, want gister het sy weer ’n foto van haarself met bruin hare gedeel.

Wat verkies jy? Jessica as ’n blondine of as ’n brunet?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!