Sy's bekend vir haar lang blonde lokke, maar oor die naweek het die sangeres en modeontwerper Jessica Simpson haar hare kort gesny.

Gewoonlik lank en krullerig. Nou is Jessica se hare kort en reguit, vir ’n meer volwasse en formele voorkoms.

Die 34-jarige ma van twee het glo sowat 30cm van haar hare afgesny en dié foto op sosiale media gedeel. Sy het bygeskryf: "Short hair don't care ...".

FOTO: Instagram  @jessicasimpson FOTO: Instagram @jessicasimpson

FOTO: Instagram  @jessicasimpson Jessica het ook dié foto gedeel. In die agtergrond staan haar man, Eric Johnson (35). Lees meer oor hul troudag HIER
FOTO: Instagram @jessicasimpson

Jessica is een van vele bekendes wat die afgelope tyd haar hare gesny het. Hier is nog:

Die TV-persoonlikheid en modeontwerper Lauren Conrad   FOTO:Instagram @laurenconrad FOTO:Instagram @laurenconrad Lauren Conrad is sedert sy bekend geraak het in die werklikheidsreeks Laguna Beach bekend vir haar lang hare. Sy het dit die week ná haar troue met die sanger William Tell, korter gesny. Sarah Michelle Gellar

Die aktrise Sarah Michelle Gellar het ook onlangs haar kenmerkende lang blonde hare in ’n korter bob gesny. Sy het dié foto van haar nuwe hare op haar Twitter-blad gedeel.

Morgan Deane 

FOTO: Instagram @morgandeane  FOTO: Instagram @morgandeane

Die sangeres en vrou van die voormalige Protea-kaptein Greame Smith, Morgan Deane, het haar lang reguit hare vir ’n korter meer krullerige haarstyl verruil.

Nóg haarstyl-veranderinge

Kate Hudson

FOTO:  @katehudson  FOTO: @katehudson

Kate Hudson het onlangs haar hare pienk gekleur as ’n huldeblyk aan almal wat ’n stryd teen borskanker voer.

Gwen Stefani

 FOTO:Instagram @gwenstefani FOTO:Instagram @gwenstefani

Gwen Stefani het haar 45ste verjaarsdag met dié swart strook in haar hare gevier.

Aktrise Lena Dunham 

 FOTO:Instagram @lenadunham FOTO:Instagram @lenadunham

Die Girls-aktrise en skrywer het haar hare groen (van alle kleure!) gekleur.

Lees ook