Dit is nie Johnny Depp se bevestiging van sy verlowing aan Amber Heard wat die aandag trek nie, maar eerder die feit dat die groot diamantring aan sý vinger is. 

Ná maande se gerugte het Johnny bevestig dat hy en Amber, sy medespeler in The Rum Diary, verloof is - en hý dra ’n groot diamant om dit te bevestig. Johnny het dié nuus bekend gemaak tydens ’n perskonferensie in Beijing vir sy nuwe fliek, Transcendence. Maar sy ringvinger het meer aandag as die fliek getrek.

The Independent het dié foto van die ring bekom:

FOTO: The Independent FOTO: The Independent

’n Onbekende bron het glo aan US Weekly gesê dat hy nou Amber se ring dra omdat dit te groot is vir haar. Toe ’n joernalis vir hom vra of hulle verloof is, was sy antwoord dat die "chick-ring" op sy vinger ’n goeie aanduiding is.

Maar Johnny help nie troue beplan nie. "Ek dink ek sal beter wees om skoene vir vroue te maak as om ’n troue te beplan. Ek is regtig baie swak in daardie tipe goed," het hy gesê.

Johnny se verloofde, die aktrise Amber Heard Johnny se verloofde, die aktrise Amber Heard

Dié paartjie het in 2011 op die stel van The Rum Diary ontmoet terwyl Johnny nog in sy 14 jaar lange verhouding met die Franse aktrise Vanessa Paradis was. Johnny en Vanessa het in Junie 2012 hul verhouding beëindig.

Bron: The Independent, US Weekly