Karlien, wat onlangs weer haar eerste optredes gedoen het ná die geboorte van haar en Derick Hougaard se tweeling, het vandag op die stel van die kykNET-sepie Binnelanders gekuier.

Karlien praat oor ma-wees en Moedersdag

Karlien het vroegoggend reeds op haar Instagram-blad ’n foto van ’n slapende Derick en die tweeling, Daniël en Eliah, gedeel. In die onderskrif het sy geskryf dat sy gou kan klere pak vir haar Binnelanders-sessie vandag terwyl die drie manne nog slaap.

Sonja Herholdt kuier by Binnelanders

Later het sy nóg ’n foto, dié keer saam met die jong Ruan Wessels (Morné in dié gewilde sepie) by Binnelanders se ateljee in Randburg, gedeel. "By Binnelanders vandag!" het sy geskryf.

Derick speel in Karlien se nuwe musiekvideo

Ruan het op sy beurt ook die foto op Instagram gedeel, maar sy onderskrif het boekdele gespreek. "Saam my crush," het hy geskryf.

Groot nuus vir Binnelanders-kykers

Dié sepie, wat weeksaande om 18:30 op kykNET uitgesaai word, het pas ’n splinternuwe aanlyn-platform begin. As jy nie genoeg van die karakters in die Binneland-gange kan kry nie, is Binnelanders Ekstra vir jou.

Dié platform, wat beskikbaar is op jou slimfoon, tablet én rekenaar, bied ekstra storielyne wat aansluit by die res van die sepie. Dié inhoud bestaan onder meer uit selfoonboodskappe tussen die karakters, eksklusiewe foto's en video's én ’n kletskamer waar jy jou mening kan lig.

Sluit aan by www.binnelandersekstra.co.za vir ’n ekstra dosis van die dokters en verpleegsters by die Binneland-kliniek.

Wat dink jy gaan Karlien in dié gewilde sepie doen? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.