Karlien van Jaarsveld het vir ’n pragtige swangerskap-fotosessie gegaan en haar tweeling baba-magie mooi gewys in sagte, vroulike kleure.

Boonop is die romantiese trend nou weer hoogmode!

FOTO: Picture Perfect, Instagram FOTO: Picture Perfect, Instagram

FOTO: Picture Perfect

Hoé dra jy dié kleur?

  1. Dit maak nie saak of jy ’n ligte of donker vel het nie, sagte kleure pas by almal. Dit is net belangrik om ’n kleur te vind wat jou velkleur op sy beste laat lyk. Spookasem-pienk en perske lyk goed by ’n koel, ligte vel terwyl ’n warm, donkerder vel sensueel lyk in sagte geel en wit skakerings.
  2. Die gevoel is sag en romanties. Vloeiende, sagte kledingstukke in materiale soos chiffon, sy en kant is die perfekte item vir jou modekas dié somer.
  3. Frille en valle maak gewoonlik ’n verskyning met dié tendens.
  4. Kledingstukke met volume lyk bekorend in sagte materiale en kleure.
  5. Die mode-gier lyk nie op sy beste met geen juwele nie. Bonkige juwele lyk treffend saam met dié voorkoms - dit verskaf ’n interessante kontras tussen hard en sag.

Die ikoniese mode-ontwerper Giorgio Armani se nuutste reeks wat hy in New York bekendgestel het, het ook uit skakerings van ligte pienk, sagte metale en vleeskleurige rokke bestaan.

Mr. Armani and models Giorgio Armani en sy modelle

Dit is baie belangrik om die regte grimering by dié voorkoms te dra om nie uitgewas te lyk nie. SARIE se skoonheid-span deel dié wenke:

  • Om jou oë te beklemtoon, bly eerder weg van vleeskleurige oogskadu. Bruin oogskadu vorm steeds deel van die natuurlike palet, maar gee ekstra woema vir jou voorkoms! Ons hou van Bobbi Brown se Bobbi Brown Chocolate Collection. Dié reeks bestaan uit ’n oogpalet, blosser, lipstiffie en lipglans, oogomlyner, maskara en ’n oogskadupen (die Long-Wear Cream Shadow Stick). Produkte in dié reeks is by jou naaste Bobbi Brown-toonbank beskikbaar en kos vanaf R260.

FOTO: verskaf

  • Pastel-kleure op jou naels pas by dié trend, maar gee ook ’n bietjie kleur aan jou uitrusting. Lees hier hoe om pastel te dra.
  • ’n Helder lip lyk baie dramaties, maar is geneig om vinnig af te vee. Volg dié wenke sodat jou lipstiffie langer hou:

      • Wend onderlaag op jou lippe aan, gebruik ’n lipomlyner in dieselfde skakering as jou lipstiffie en wend jou gunsteling-lipstiffie aan. Dra dit met ’n tikkie lipglans.

  • Die maklikste manier om ’n stralende vel te kry is met glansryke grimering - dit lyk só goed en is só maklik dat jy dit sommer elke dag sal wil dra! Lees hier hoe om dié grimeervoorkoms te kry.

SARIE-winkel verkoop ook nou kraamdrag!

Links: Stretch Lace Dress With Slip | Regs: One-shoulder Event Dress