Die voormalige glanspaar Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard se tweeling-seuns word later dié maand twee, maar daar is reeds partytjie gehou. 

Karlien het dié foto van van Daniël en Eliah se kleurryke verjaardagkoek gedeel. Die vieringe het ’n Barney-tema.

Heelparty van Karlien se 66 000 Instagram-aanhangers het die tweetjies gelukgewens en gevra dat sy nog foto's oplaai.

Die tweeling is op 19 Desember 2013 gebore

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!