Met twee nuwe flieks, 'n nuwe man én 'n kleinding op pad, straal dié aktrise behoorlik. En met goeie rede...

Tydens die première van haar nuwe fliek Labor Day in Londen, het Kate op die rooi tapyt gestraal in pragtige rooi rok.

"Labor Day" - Mayfair Gala European Premiere - Inside Arrivals: 57th BFI London Film Festival Kate op die rooi tapyt (FOTO: Gallo Images/Getty Images)

sc1305may31picskd0010 Katya maksirok

sc1307june05picrfb10011_1 Melinda cocktail-rok

Met 'n beskermende hand op haar groeiende babamagie, was dit duidelik dat Kate een van die dae vir 'n derde keer gaan ma word en boonop baie gelukkig is daaroor. Dié 38-jarige aktrise het onlangs aan People Magazine erken dat sy ongelooflik voel en baie opgewonde is oor die nuwe kleinding wat op pad is: "Ek voel baie goed. Om 'n ouer te wees verander jou hele lewe, en dan word jou kinders jou alles."

Kyk hiér hoe Kate in haar bloedrooi rok straal

Kate is in Desember verlede jaar met Ned Rocknroll getroud, en dié paartjie het in Junie bekend gemaak dat hulle 'n baba verwag. Die aktrise het reeds twee ander kinders uit vorige verhoudings: Mia Honey Threapleton (13) is uit Kate se huwelik met Jim Threapleton gebore en Joe Alfie Winslet Mendes is haar 10-jarige seun by die regisseur Sam Mendes.

"Ek wil my nie die heeltyd bekommer oor die grootte van my agterstewe nie"

Die stralende Kate verskyn ook op die voorblad van November-uitgawe van die Amerikaanse Vogue en vertel in 'n onderhoud met dié tydskrif dat sy nog nooit in haar lewe só gelukkig was nie. Kate se voorblad is wel kontroversieel: Kenners meen die Photoshop-werk hieraan lyk onnatuurlik. Wat dink jy?

kate-winslet-00_140314907414

kate-winslet-03_140317731520

FOTO: Vogue

kate-winslet-01_140315546125

FOTO: Vogue

Kyk na die res van die fotosessie hier

Bronne: