Khloé Kardashian is gefokus op haar nuwe, gesonder leefwyse. Daarom kom dit as geen verrassing dat sy ’n spesiale kas vir al haar oefenklere en -toerusting het nie. 

Self berig dat die 31-jarige realiteitster verskeie kaste in haar massiewe huis het, en dat dié een haar gunsteling is: “Ek is versot op my fiksheidskas! Dit is my gunsteling-kas. Ek wys dit vir al my vriende wanneer hulle kom kuier," het Khloé aan die tydskrif vertel.

A photo posted by SELF Magazine (@selfmagazine) on

Volgens E! Online spog die ruim spasie met oorgenoeg hangplek vir haar joga-broeke, laaie bostukke, ’n vertoonkas vir duur bykomstighede én ’n yskas vol waterbottels.

Klik HIER vir nog foto's.

Khloé se 28 miljoen Instagram-volgelinge word gereeld bederf met ’n kykie na haar oefensessies.

FOTO: Instagram khloekardashian FOTO: Instagram khloekardashian As jy so na dié foto kyk, is dit duidelik dat die ure in die gym die moeite werd is.

A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

Kliek HIER om jou eie oefenklere-versameling uit te brei.

Bronne: Self en E! Online

Lees nou