Dié foto wat Dunay van Heerden, Kurt Darren se vrou, op Twitter gedeel het, wys waarom die beeldskone mevrou Darren eens ’n suksesvolle model was.

Dunay, wat op die foto in ’n groen-en-blou bikini pruil, is vandag steeds ’n beeldskone vrou. Deesdae is haar lang hare net donkerder en sy, wat onlangs haar meestersgraad in sielkunde verwerf het, dra dikwels ook ’n kuif.

FOTO'S: Dunay en Kurt in Amerika Dunay het dié foto gister op Twitter gedeel as deel van die trend #tbt. Dié hashtag verwys na Throwback Thursday, ’n dag waarop mense nostalgies raak en ou foto's op sosiale media deel.

Fanie het in 2009 met Dunay gepraat toe sy en Kurt pas begin uitgaan het. Lees HIER wat sy gesê het.

Ons dink Dunay het steeds al die skoonheid van haar modeldae ...

Só lyk Dunay deesdae FOTO: Twitter Só lyk Dunay deesdae
FOTO: Twitter

WAT DINK JY? MOET DUNAY WEER MODEL SPEEL? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.