Ons kon nie glo hoe groot het prins George geword nie - vroeër die week het hy tydens ’n polo-wedstryd waarin sy pa gespeel het, langs die veld sy eerste tree in die publiek geneem - kyk na dié foto's van George hier.

Die Hougaard-tweeling

En nou het die Hougaard-tweeling, Daniël en Eliah, ons ook verbaas met hoe groot hulle geword het! Karlien en Derick het hul tweeling se 6 maande-verjaarsdag gevier en dié foto op Instagram gedeel.

Kyk hoe dapper!

Arno en Lizanie Jordaan se Milan het so week tevore ook 6 maande oud geword. En die mannetjie is baie dapper! Kyk net hoe vat hy aan die slang!

Amper tyd!

Minki van der Westhuizen het op Valentynsdag vanjaar bekend gemaak dat sy en Ernst Joubert hul tweede kind verwag. En die tyd vir hul eersteling, Katerien, om ousus te word, kom vinnig nader!

Minki en Ernst wat in Engeland woon waar hy rugby speel, kuier op die oomblik in SA. Minki, wat nou 29 weke swanger is, het foto’s van hulle uitstappies op haar Instagram-profiel gedeel.

FOTO: Instagram  @minkivanderwesthuizen

Volgens The Juice wil Minki glo hê hul tweede kind moet in Suid-Afrika gebore word. Katerien is in Engeland gebore.

Kyk hoe groot is Katerien!