SARIE.com het vroeër dié week berig dat Lee-Ann se tweede dogtertjie, Gabriella, gebore is, en hier is nou ’n foto van haar en Nicky van der Walt se nuwe pienkvoet.

Gabriella is nou die jong sussie vir ousus Gia wat 3 jaar oud is. Hier ondersoek Gia die nuwe toevoeging tot hul gesin.

En Gia hou daarvan om model te speel - nes haar ma!