Ons het matriekafskeidkoors by SARIE.com! Nie net soek ons vanjaar se mooiste matriekafskeidrok saam met Young Solution nie, ons kyk ook na bekendes se ou matriekafskeidfoto's!

Vandag wys radio- en TV-persoonlikheid Liezel van der Westhuizen vir ons haar matriekafskeidfoto van 1996

sr0903matriekafskeid02_400w

Sy vertel:

“My matriekafskeid was in 1996. Ek was aan Pretoria Girls High en het saam met my kêrel van destyds, Richard Schlorke, gegaan. Die tema was Egipties en ons het met ’n Volkswagen Kewer – soos hippies – gery. Ek het besluit ’n hoë hoed sal baie goed by my vere-rok pas. Destyds het ek gedink dis baie modieus. Die musiek was ’n aaklige mengelmoes van retro en rave. Ek onthou ook een meisie het ’n ander meisie se kêrel gesoen en daar was ’n groot katgeveg. En die skoolhoof het op een van die leerders se rokke getrap en dit geskeur!”

matriekafskeidKyk HIER na al die matrieks wat al vir ons Matriekafskeidrok van die Jaar 2014-wedstryd ingeskryf het!

Opskud! Jy het nog kans tot 31 Oktober om jou rok met ons te deel.

Lees ook