Lorde is een van die bekendste sangeresse op die oomblik - haar liedjies soos "Royals" en "Team" is bo-aan die internasionale treffersparades - maar dié 17-jarige meisie van Nieu-Seeland weier om die celeb-speletjie te speel.

Sy het verlede maand op haar Twitter-blad vir E! News gekritiseer nadat hulle haar kêrel ge-epos het om te vra of hulle verloof is. Sy het ook gister twee foto's van haarself op Twitter gedeel - een wat ge-photoshop is en een daarsonder. Sy het bygeskyf dat mense moet onthou dat tekortkominge ook goed is.

Wat dink jy van Lorde se aanslag? Hou jy van die eerlikheid of nie?

Luister hier na haar treffer-liedjie "Royals"