Die bekende aktrise en TV-aanbieder Mandi Baard en haar man, die Navi Redd-sanger Schalk, se dogtertjie, Sumé, is vanoggend gebore.

Mandi het dié foto op haar Facebook-blad gedeel en gesê dit was liefde met die eerste oogopslag:

Mommy - daughter morning cuddles... Precious moments!!! Love at first sight indeed!!! Posted by Mandi Baard on Wednesday, September 2, 2015

Mandi en Schalk se eersteling, Jeandré, word volgende maand 2 jaar oud.

Baie geluk julle!

Lees ook