Suid-Afrikaners was beïndruk toe ’n mediese student vanjaar as Mej. SA gekroon is. Rolene Strauss het ook nog nie van haar droom om dokter te word, vergeet nie.

Rolene, ’n 21-jarige mediese student aan die Universiteit van die Vrystaat, was juis gister in die (vir haar) bekende omgewing van ’n operasiesaal. Sy was by toe dokter Chrissie Cockinos, ’n oogarts van Sandhurst in Johannesburg, ’n skeur in die oog van ’n pasiënt reggemaak het.

Dít is wat die beoordelaars vanjaar in Mej. SA gesoek het Rolene het die oomblik op Twitter gedeel.

Ons Mej. SA lyk pragtig - selfs in die klere wat sy in die operasiesaal moes dra! Dis lekker om te weet Rolene is nie net mooi nie, maar ook ’n slim meisie.

7 feite oor Rolene

Nie net is sy as die mooiste in die land aangewys nie. Dié mooi gesig van Volksrust in Mpumalanga is ook ’n slimkop.

  • Rolene is 21 jaar oud en ’n mediese student aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein. Sy was ook dié universiteit se eerste suksesvolle proefbuisbaba.

  • Sy het as 9-jarige vir Jo-Ann Strauss ontmoet

Op die vraag watter voormalige Mej. SA haar inspireer het sy ook Jo-Ann Strauss geantwoord. Rolene sê: “Sy het Mej. SA na die mense gevat en verander steeds mense se lewens. Sy is die perfekte voorbeeld van ’n mooi, sterk vrou wat Mej. SA geword het, terug gegaan het universiteit toe en haar studies klaargemaak het en tot vandag toe gebruik sy die geleenthede wat dié titel haar bied.”

  • Sy het pragtige natuurlike krulle – en sy is trots daarop!

 FOTO: Facebook

Kyk na haar swemklere-fotosessie HIER.

FOTO: Twitter @rolenestrauss

  • Haar ma was ’n verpleegster en haar pa is ’n dokter. Sy het ook ’n broer wat by Kovsies studeer.
  • Van haar gunsteling Suid-Afrikaanse sangers is Mango Groove, Theuns Jordaan, Riana Nel en Retief Burger.
  • Haar gunsteling-ete is haar ma se beestert met gestampte mielies – kry HIER ’n resep vir die lekkerste beesstert-resep.

sk1007bredie5