Die glanspersoonlikheid Minki van der Westhuizen se oudste dogter, Katerien, het vandag amptelik ’n Britse landsburger geword.  Minki het die nuus met haar meer as 16 000 Instagram-aanhangers gedeel. "Hulle is amptelik Britse landsburgers," het die 31-jarige blondine onder dié foto van haar man, die rugbyspelerErnst Joubert, en hul eersteling geskryf - en kyk net vir koningin Elizabeth daar in die agtergrond!

Minki het ook op dié sosialemedia-platform gesê dat haar 1-jarige dogter, Elise, reeds ’n Britse paspoort het en sy is self besig om vir een aansoek doen.

Sy en Ernstis in 2012 getroud. Hy speel professioneel rugby vir die Londense rugbyklub Saracens.

Lees ook 

ZZZ

Lees HIER meer!