Die Sports Illustrated-model Robyn Lawley se lyf het ná die geboorte van haar dogtertjie vroeër vanjaar verander. Maar pleks daarvan om haar post-swangerskaplyf weg te wens, deel sy dit vrolik met die hele wêreld. 

Die 26-jarige ma het dié foto waar haar rekmerke duidelik sigbaar is, op verskeie sosialemedia-platforms gedeel en trots gesê dat sy haar "tier-strepe" verdien het.

A photo posted by Robyn Lawley (@robynlawley1) on

Robyn het ook vroue op haar Facebook-blad aangemoedig om hul lywe lief te hê en te aanvaar: "Daar is soveel druk op vroue om goed te lyk. Ons fokus op tekortkominge eerder as om te fokus op hoe mooi ons is ... Indien jy sleg voel oor jou lyf, veral ná jou swangerskap, onthou jy is ’n vegter." Robyn en haar kêrel van die afgelope 4 jaar, Everest Schmidt, se baba, Ripley Dorothy Lawley-Schmidt, is 7 maande oud.
A photo posted by Robyn Lawley (@robynlawley1) on

Lees ook 

ZZZ

Lees HIER meer oor #StrongerTogether