Pleks daarvan om op 'n streng dieet te gaan en baie voedselgroepe uit te sny, het Nigella juis anders besluit. Sy het steeds aan diepgebraaide sjokolade en doughnuts gepeusel, maar erken dat minstens 3 liter water per dag haar gehelp het om gewig te verloor.

"Ek glo in vet. Ek is mal oor diepgebraaide kos, ek glo dat dit jou van binne bevogtig." 'n Mars-sjokolade wat diepgebraai word is van haar gunstelinge en sy't selfs 'n resep daarvoor.

"Koolhidrate is my vriende," sê sy. "Ek sal enigiets saam met brood eet. Ek was onlangs in Frankryk en niemand bak beter brood as hulle nie! Dit sou sonde wees om dit nie te eet nie. Brood-en-botter is hul spesialiteit," sê Nigella.

Haar splinternuwe Italiaanse kookboek, Nigellissima, het pas verskyn.
"'Regte kos' is beter vir jou lyf en vel as kitskos of wegneemetes. Jou hele gestel is gelukkiger met regte kos as met verwerkte plastiekkos.

Haar gunsteling-middernag-feeshappie?
"Beslis nie iets wat ek moet kook nie... 'n goeie baguette met fantasiese bloukaas en 'n glas rooiwyn kan werk."

Kyk hoe maak sy 'n sjokolade-olyfolie-koek op haar nuwe TV-program, Nigellissima