Vir die eerste keer in 20 jaar het Pamela Anderson haar kenmerkende lang platinum blonde hare kort gesny.

Pamela, wat bekendheid verwerf het in die televisiereekse Home Improvement en Baywatch, het sedert 1992 lang hare gehad. Sy het gister in Los Angeles vir die eerste keer haar pixie cut ten toon gestel. Pamela het stemmig gelyk in ’n gestreepte rok, plat skoene en ’n toeknoop-trui.

NEW YORK DAILY NEWS NEW YORK DAILY NEWS

(Klik hier vir nóg foto's)

Die kort-haarstyl is nou weer ’n groot trend. Vroeër vanjaar het die sangeresse Beyoncé én Jennifer Hudson hul hare ook kort gesny. Ons eie SARIE Voorbladgesig-wenner in die tweede kategorie, Zelda O'Brien, lyk ook pragtig met háár kort haarstyl.

FOTO'S: Beyoncé se dramatiese haastyl

Wenke vir ’n kort haarstyl:

Charlize Theron FOTO: Gallo Images / Getty Images Charlize Theron FOTO: Gallo Images / Getty Images

  • Sny jou hare met tekstuur en los langer stukkies om jou ore en in jou nek. Mans se hare word stomper gesny.
  • Pasop vir ore wat te “oop” gesny word, want dit kan jou ouer, harder en onnodig konserwatief laat lyk.
  • Goeie produkte is van kardinale belang. Gebruik liefs minder as te veel – ’n ertjiegroot druppel haarwaks vir baie kort hare en ’n haselneutgrootte vir langer hare.
  • Klik hier vir stap-vir-stap foto's hoe om jou kort hare te stileer.

Amor se nuwe haarstyl: “Ek voel soos ‘n nuwe mens”

Bron: Huffington Post