Kensington-paleis het gister ’n nuwe amptelike foto van prins George, wat vandag sy tweede verjaardag vier, op hul sosialemedia-platforms gedeel.  "Kyk wie raak môre twee! #GelukkigeVerjaardagPrinsGeorge," lees die foto se onderskrif.

Die bekende fotograaf Mario Testino hetdie spesiale oomblik tussen pa en seun vasgevang. Hulle is ná prinses Charlotte se doop afgeneem.

Hello! berig dat Kate Middleton, die hertogin van Cambridge, ’n klein partytjie vir haar seun gereël het. Die vieringe sal by die gesin se Norfolk-huis, Anmer Hall, plaasvind.

Weens sy werk as vlieënier by East Anglia se lugambulansdiens sal prins William dalk nie teenwoordig wees nie. Die koningin sal wel dié spesiale geleentheid bywoon as eregas.

Bron: Hello!

Lees ook