Sentebale is in 2006 deur Prins Harry self gestig saam met Prins Seeiso van Lesotho. Die doel is om weerlose kinders in Lesotho te help.

Harry, wat na bewering in Lesotho ‘Mohale’ genoem word wat dapper man of vegter beteken, het Woensdagoggend reeds sy staal gewys en leer vetkoek bak – in ’n pienk voorskoot!

Die Top Billing-aanbieder Jeannie D het hierdie foto’s van Harry op Twitter geplaas:

Prins Harry in LesothoPrins Harry in LesothoPrins Harry in Lesotho

“Elke keer wanneer ek saam met die kinders tyd bestee kry ek net hierdie gevoel ... Dit hou my voete op die grond,” sê Harry aan die tydskrif Hello.

Harry en broer Prins William het in 2010 Lesotho besoek en weeskinders ontmoet wat hul ouers aan MIV/vigs verloor het. William het destyds gesê hul ontslape ma, Prinses Diana, sal trots wees op Harry en dit wat hy met dié organisasie beoog.  

**Kyk vanaand om 20:00 op BBC Knowledge (DStv-kanaal 184) na die dokumentêr Prince Harry: Frontline Afghanistan wat handel oor dié prins se tweede militêre toer van Afghanistan.