Bruce Willis en Demi Moore se oudste dogter, Rumer Willis, het van haar lang, swart lokke ontslae geraak, berig E!Online.

Sy het foto's van haar drastiese nuwe pixie-snit met haar duisende Instagram-volgelinge gedeel. "Snip-snip," lees dié foto se onderskrif. Aanhangers is gaande oor die verandering: "Jy lyk fantasties! Kort hare pas jou," het een geskryf.

FOTO: Instagram ruelarue FOTO: Instagram ruelarue Rumer, het onlangs Dancing with the Stars gewen. Haar hare was baie langer tydens dié kompetitise.

A photo posted by Val (@iamvalc) on

Hello! berigdat die 26-jarige skoonheid eersdaags haar Broadway-debuut sal maak. Sy is vanaf 18 Augustus in die produksie Chicago te sien, waar sy die rol van Roxi Hart sal vertolk.
A photo posted by Rumer Willis (@ruelarue) on

Bronne: E!Online en Hello! 

Lees ook