Op 3 Desember 2011 was die spog-familieplaas, Welbedacht, getooi vir een van die grootste troues dié dekade: dié van Springbok-flank Schalk Burger en sy Shellie (Michele de Munck).

Net langer as 'n maand later vier die Burger-gesin nóg 'n groot liefde met die troue van dogter René Burger en die Prime Circle-baskitaarspeler, Marco Gomes - haar sielsmaat, soos sy hom op haar Facebookblad beskryf.

René en Marco het einde 2010 verloof geraak ná hy haar tydens 'n Prime Circle-optrede in die gehoor raak gesien het. Hy het dadelik vir sy vriende gesê dat sy die meisie is met wie hy gaan trou. En hy het sy woord gehou! Geluk julle twee!

Marco en René Gomes

* In die Februarie 2012-uitgawe van SARIE (vanaf Maandag 16 Januarie te kry) verskyn die mooiste eksklusiewe foto's van Schalk en Michele Burger se troue. Moet dit nie misloop nie! 'n Ware liefdessprokie vir Valentynsdag.

Schalk en Michele Burger