Vervaardiger Sean Else en sy vrou, Carla, se babaseuntjie, Daniel Ryan, is op 20 September om 19h45 gebore. SARIE.com het voor Daniel se geboorte Carla se ooievaarstee eksklusief gewys - kyk na die foto's hier.

Sean het op Daniel se geboortedag op sy Facebookblad geskryf: "Perfek en pragtig. Dankie Here vir ons pragtige geskenk. Mamma en baba altwee 100%."

En gister (10 Oktober) het Carla vir die eerste keer 'n foto van baba Daniel Ryan se gesiggie op Facebook gelaai - "Sneak-peek van ons mooiste wonderwerk.. Daniel Ryan, welcome to the world, little man. I have no words to describe the love we have for you.. Blessed *"

1380117_400622823400773_1500900974_nCarla en baba Daniel Ryan