Die wêreld het vir die eerste keer die gesig van Christina Aguilera se nuwe baba-dogtertjie op die voorblad van People gesien In ’n eksklusiewe onderhoud met dié tydskrif het die "What a Girl Wants"-sangeres gesê dat sy sprakeloos was ná die geboorte van Summer Rain: "Ek het geen woorde gehad nie. Sy was letterlik soos ’n engel."

Christina en haar verloofde, filmmaker Matt Rutler, se ses maande oue pienkvoet is glo baie vriendelik: "Sy lag baie en dit is verskriklik maklik om haar te laat glimlag," het die trotse ma gesê.

Al is die Grammy-wenner alewig besig - ’n nuwe album en rol as vervaardiger van ’n nuwe TV-program is in die pyplyn - kom Max (haar oudste uit ’n vorige verhouding) en Summer altyd eerste: “Hulle is die middelpunt van my wêreld," sê Christina.

Kyk HIER vir meer foto's van Christina Aguilera

Bron: People