Roland Schoeman het onlangs aan SARIE vertel dat hy nog altyd ’n oog vir ’n mooi meisie het, en sy nuwe meisie pas beslis in dié raamwerk.

Roland vertel in die Julie 2014-uitgawe van SARIE:

"Ek't al met ’n paar modelle uitgegaan, hulle verstaan my leefstyl en ek hou van daai look. Dit is immers die eerste ding wat jou aantrek. Maar jy kan hoe mooi wees, as jy nie binne mooi is nie, is jy eintlik bitter lelik. My leefstyl maak pendelverhoudings moeilik."

En dis presies wat Roland in sy nuwe meisie, Susanna (Susie) Kiel, gekry het. Dié pragtige blondine (wat al voorheen modelwerk gedoen het) woon ook in Phoenix, Arizona.

 Instagram @susiekiellingit Roland se nuwe meisie, Susie
FOTO: Instagram @susiekiellingit

Roland woon in dié Amerikaanse stad waar hy besig is om te oefen vir sy vyfde deelname aan die Olimpiese Spele (dit sal hom die eerste Suid-Afrikaner in die geskiedenis maak wat vyf keer aan die Spele deelneem).

Roland en Susie het dié foto's op hul Instagram-blaaie gedeel:

Susie het by dié foto geskryf: "love me some South African"   FOTO: Instagram Instagram @susiekiellingit Susie het by dié foto geskryf: "love me some South African"
FOTO: Instagram Instagram @susiekiellingit

FOTO: Instagram  @roland_schoeman  FOTO: Instagram @roland_schoeman

FOTO: Instagram  @roland_schoeman  FOTO: Instagram @roland_schoeman

In 2009 het Roland aan SARIE se Charis Labuschagne vertel dat hy graag met ’n Suid-Afrikaanse meisie wil trou. Hoewel Susie nie ’n Suid-Afrikaner is nie, lyk dié twee baie verlief. Hy het ook in vanjaar se Julie-uitgawe gesê dat hy baie graag wil trou en pa word.

Wat dink jy van dié nuwe paartjie? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Lees nog oor Roland