Die Single ladies-sangeres het pragtig gelyk in ’n oranje rok van Lanvin, en sy het gestraal van geluk. Tydens haar optrede het Beyoncé die gehoor aangemoedig om op hul voete te kom en gesê: “Voel die liefde wat binne-in my groei.” Die mense het gejuig!

Sy en haar man, die rapper Jay Z, het in die laaste maand die nuus met hul naaste vriende en familie gedeel. “Hulle is ongelooflik gelukkig, en Jay Z is soos ’n opgewonde kind,” het ’n bron aan people.com vertel.

Beyoncé en Jay Z is al drie jaar getroud. Die baba sal aanstaande jaar in April gebore word.

Volg SARIE op Twitter en Facebook