Dié SA paartjie kuier nou al ’n geruime tyd in Hollywood saam. En dié foto wys dat dit nog goed gaan met model Tanit Phoenix en akteur Sharlto Copley se verhouding. SARIE.com het verlede jaar berig dat dié Suid-Afrikaners mekaar in Hollywood gevind het.

Tanit Phoenix het vir Sharlto Copley, ook bekend as Wikus van der Merwe van District 9, en kaptein H.M. “Howling Mad” Murdock van The A-Team-film, vergesel na die première van Elysium én meer onlangs Maleficient.

Sharlto en Tanit by Elysium se première FOTO: Maximo TV

Tanit het twee jaar gelede na Los Angeles getrek om by Sharlto te wees. Tanit is bekend as ’n model, maar haar akteursloopbaan begin nou vlamvat. Sy is in Spud 1 en 2 te sien, asook in Safe House en Death Race: Inferno.

Dié Hollywood-bekendes is in Suid-Afrika gebore

“Ek is mal daaroor hier, ek voel baie tuis. Maar ons reis terug Suid-Afrika toe wanneer ons kan om ons families te sien,” het sy aan die The Independent gesê. Blykbaar is dié twee baie gelukkig saam, maar vir nou nog geen trouklokkies nie.

Tanit reis saam met Sharlto wanneer hy aan sy films skiet FOTO: Twitter

Wat het Matt oor Neill Blomkamp gesê? Lees hier!

Addisionele bronne: IOL